1 Augustus 1952 | Frans Rumpff word regter

Artikel Frans Rumpff Conultus in April 1990

’n Foto van hoofregter Frans Rumpff by ’n artikel van hom wat in April 1990 in die tydskrif Consultus verskyn het.

Hoofregter van Suid-Afrika van 1982 tot 1989

Frans Lourens Herman Rumpff is in 1912 te Standerton gebore waar sy vader, ds. Derk Rumpff, predikant was. Gedurende die jare 1914 tot ’20 woon hy as seuntjie van twee jaar in die pastorie van die Gereformeerde Kerk Venterstad.

Hier het hy dan ook sy primêre skoolopleiding begin. Hy het aan die destydse Hogere Oost-Eind School in Pretoria gematrikuleer en in 1933 en 1935 onderskeidelik die B.A. en LL.B. aan U.P. verwerf. Terwyl hy op Universiteit was het hy op Voortrekkerhoogte as masjiengeweerinstrukteur gek-walifiseer. Hy het ook in die Pretoriase regement gedien, waar hy tot Kaptein en waarnemende Majoor bevorder is.

Frans Rumpff

Regter Frans Rumpff omstreeks 1974.

Gedurende 1933 het hy by die departement van justisie aangesluit as klerk in die personeel van die Spesiale Vrederegter op Bultfontein, waar hy ook Ontvanger van Inkomste was. In dieselfde jaar is hy na Pretoria verplaas.

In 1937 word hy klerk van regter Maritz en in 1938 begin hy as advokaat praktiseer. Hy dien etlike jare as dosent in privaatreg aan die buitemuurse afdeling van UP. 1 Augustus 1952 word hy aangestel as regter van die Transvaalse Provinsiale afdeling. In 1958 tree hy op as voorsittende regter van die Spesiale Hof insake die African National Congress. Die verhoor duur drie jaar, ’n rekord in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In 1959 word hy regterpresident van Transvaal, en in 1961 appèlregter. Sedert 1957 was hy lid van die Raad van die Universiteit van Pretoria en was hy ook president van die Konvokasie. In 1982 word hy hoofregter van Suid-Afrika en bly aan in dié amp tot 1989.

Regter Rumpff was vanaf sy laerskool dae tot die vroeë sewentigerjare ’n geesdriftige tennisspeler. Toe hy advokaat was, het hy ook gereeld gholf gespeel. Hy was lief vir perdry en het nog elke jaar in die winter saam met vriende jag gejag.

Hy was getroud met Monica Kruger wie se vader, ds. I.D. Krüger, jare lank predikant van Venterstad was. Hulle het vier dogters gehad.

Sonja was getroud met Hugo Meyer, Irene met Louis Harms, Femke met Theuns Kruger en Ester was ’n derdejaar-B.A.-student aan die P.U. vir C.H.O ten tyde van GK Venterstad se eeufees, toe dié lewenskets van regter Rumpff verskyn het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s