18 November 1901 | Ds. M.P.A. Coetsee jr. sterf

SANYO DIGITAL CAMERA

Ds. M.P.A. Coetsee jr. se graf in die ou begraafplaas op Klerksdorp.

Boereoorlog krenk sy gesondheid finaal

Ds. Marten Petrus Albertus Coetzee het in 1892 as predikant van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp bedank en terselfdertyd die GKSA verlaat om na die NG Kerk oor te gaan omdat hy nie ’n bestaansreg vir die GKSA naas die NGK gesien het nie.

Ds. Coetsee het van 1893 tot 1898 die NG Gemeente Zoutpansberg (Pietersburg) bedien en is daarna op 21 April 1898 op Wolmaransstad bevestig. Weens die Tweede Vryheidsoorlog is baie min bekend oor sy drie en ’n half jaar lange bediening in die gemeente.

Ds_MPA_Coetsee_jr

Ds. M.P.A. Coetsee jr. is oorlede tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Dit was wel vir hom en sy gesin ’n baie moeilike tyd. Kort ná sy aankoms moes hy Kaapstad toe gaan vir ’n operasie. Hy was erg terneergedruk, maar ook diep gelowig, soos blyk uit ’n brief aan die kerkraad gedateer 22 Oktober 1898:

Die Heere heeft zijn bedoelingen door mij op den weg van lijden te leide, moge zijn naam daardoor verheerlijkt worden!

Ná ’n paar maande op Wolmaransstad het die onweerswolke van die Tweede Vryheidsoorlog oor die ZAR begin saampak. Die spoor van ellende en smart wat die oorlog gebring het, het Wolmaransstad nie misgeloop nie.

Toe die dorp op ’n keer deur die Engelse troepe beset is, het hulle die grootste deel van die skool, die pastorie en die NG kerk afgebrand sodat al die notuleboeke, doop- en lidmaatregisters verlore gegaan het.

Ná dié verwoesting het die werksaamhede van die gemeente feitlik tot stilstand gekom. Ds. Coetsee was ’n malarialyer en die knellende omstandighede het sy gesondheid nog verder geknak.

Die Skotse sakeman en avonturier Thomas Leask meld dat hy ds. Coetsee tydens die oorlog op Klerksdorp teëgekom het toe hy te voet en in swak gesondheid daar aangekom het. Ds. Coetzee is op 18 November 1901 oorlede en op Klerksdorp begrawe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s