3 Augustus 1929 | Estcourt-kerkie in gebruik

Gereformeerde kerkie op Estcourt

Die Gereformeerde kerkie op Estcourt toe dit nog ’n NG kerk was.

NG kerk word later Dopperkerk

Die kerkgebou waarin die gemeente Estcourt tot in 2010 aanbid het, toe die kerk ontbind en die handjie vol oorblywende lidmate by Ladysmith ingeskakel het, se geskiedenis is veel ouer as dié van die gemeente self omdat dit verband hou met die NG Gemeente Weenen, wat op 12 September 1859 gestig is.

In 1923 het die NG gemeente besluit om ’n wyk op Estcourt te vorm. Einde 1926 het die boukommissie ’n erf in Phillipstraat vir £156 gekoop. Ds. A.M. Murray (Weenen se NG predikant van 1891 tot 1927) het die hoeksteen op 5 Junie 1929 gelê.

Dié gebou in die styl van ’n saalkerkie is op hierdie dag in gebruik geneem. Di. Paul Greyling (NG leraar van Weenen), Meiring (bes moontlik Murray) en P.A.M. Brink (leraar van Ladysmith) was aanwesig met die inwyding. ’n Familie Hattingh het die geelhoutpreekstoel wat met stinkhout afgewerk is, aan die gemeente Weenen geskenk.

In 1952 is die Gereformeerde Kerk Estcourt gestig. Aan die begin is eredienste in die huis van oudl. J.G. (oom Jan) en mev. (tant Elsie) Vermeulen gehou. Later is eredienste in die Metodistekerk gehou.

In Oktober 1956 het die Gereformeerde kerk die NG kerkgebou teen ’n bedrag van £4 000 aangekoop. ’n Spesiale gedenksteen is aangebring om die ingebruikneming van die gebou deur die Gereformeerde kerk op 8 Junie 1957 te gedenk. In 1989 het die gemeente ’n agterstoep laat aanbou wat gedien het as saal vir sosiale byeenkomste.

Einde 2001 het in die gemeente nog 37 belydende en 12 dooplidmate oorgebly, maar in 2010 het dit ontbind toe die getalle afgeneem het tot 19 en drie, waarna lidmate ingeskakel het by Ladysmith.

In 2013 het die Gereformeerde kerk Glencoe eweneens ophou bestaan en sy lidmate ook deel geword van Ladysmith.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s