9 September 1934 | Ds. L.P. Vorster oorlede

Ds_Louis_en_mev_Abrahama_Vorster_in_die_Gereformeerde_pastorie_op_Erasmus_(Bronkhorstspruit),_Oktober_1930

Ds. Louis en mev. Abrahama Vorster in die pastorie van die Gereformeerde kerk Erasmus (soos Bronkhorstspruit toe bekendgestaan het) in Oktober 1930 toe hul skoonseun ds. H.J.R. du Plessis predikant van die gemeente was.

Predikant, politikus sterf op Rustenburg

Ds. Louis Petrus Vorster (gebore op Middelburg, Kaap, 24 Julie 1862) was nie net ’n predikant nie, maar ook ’n Volksraadslid van die Nasionale Party.

Sy gemeentes was: Philipstown (1884–1893), Burgersdorp (1893–1905) en Rustenburg (1905–1915), waarna hy parlement toe is, maar nadat hy in die verkiesing van 1921 een die Suid-Afrikaanse Party in Rustenburg verloor het, keer hy terug na die bediening as predikant van Krugersdorp (1922–1928).

Ds. Vorster was ’n vurige prediker en het algemene vertroue in die Gereformeerde Kerkverband geniet. Hy het as kurator van die Teologiese Skool gedien en was dikwels in die moderamen van die Sinode.

Mev_Abrahama_en_ds_Louis_Vorster,_15_Mei_1934,_Pretoria

Hierdie foto van mev. Abrahama en ds. Louis Vorster is op 15 Mei 1934 in Pretoria geneem op spesiale versoek van die redaksie van die Gereformeerde Kerk se Almanak. Dit het dan ook in 1935-uitgawe by sy lewenskets verskyn, want vier maande nadat dit geneem is, het hy ontslaap.

Hy het onverskrokke stelling ingeneem vir sy oortuigings en sy simpatie met die Boererepublieke het hy openlik betoon. In die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het hy die Boeremagte by Stormberg in die Noordoos-Kaap besoek, is aangekla weens hoogverraad en vir sewe maande in ’n gevangenis opgesluit.

Daarna is hy onder £3 000-borgtog uitgelaat onder voorwaarde dat hy na Middelburg (Kaap) moes gaan en daar op sy plaas bly. Eers nadat hy voor ‘n spesiale geregshof tereggestaan het op ’n aanklag van hoogverraad en deur die drie regters vrygespreek is, kon hy terugkeer na sy gemeente, Burgersdorp.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s