9 September 1939 | Volksherenigingskongres

Prof_JC_(Joon)_van_Rooy

Prof. Joon van Rooy.

Totius willig huiwerig in om verklaring op te stel

Prof. Joon van Rooy (1890–1954), ’n kleinseun van die Van Rooy-stamouers, was ’n akademikus van die PUK en Afrikaanse kultuurleier.

Sy leiersvermoë, wat hy reeds in sy studentelewe en ook op akademiese terrein geopenbaar het, is vervul in sy diens aan sy volk in wyer verband. Hy het nooit ’n leidende rol in die partypolitiek gespeel nie, maar hom tog aanhoudend vir volkseenheid beywer. Die hoogtepunt van dié strewe het hy bereik met sy toespraak op Monumentkoppie in Pretoria op hierdie dag.

In 1980 het dr. P.J. Meyer soos volg in Afrikaanse Kultuuralmanak geskryf oor die versoening tussen die Malaniete en Hertzogiete op 9 September 1939:

Totius_as_bejaarde

Totius het huiwerig ingewilling om die volksverklaring op te stel.

“’n Warm gevoel van uitbundige vreugde en dankbaarheid het die Nasionale Afrikanerdom op hierdie dag uit alle uithoeke van ons land laat optrek na Monumentkoppie, waar ’n gedenkteken vir die Voortrekkers aan die verrys was. ‘

“Hy het sy offer gebring,’ het dr. D.F. Malan verklaar toe genl. Hertzog, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, se mosie dat die Unie van Suid-Afrika neutraal bly in ’n oorlog ‘wat nie ons s’n is nie’, op Maandag 4 September in die Volksraad verwerp is.

“Genl. Smuts se teenmosie is aanvaar, en genl. Hertzog het sy bedanking ingedien. En toe sy ‘segetog’ per trein na die Noorde. Op elke stasie is hy ingewag deur juigende Afrikaners. In Johannesburg het dr. H.B. Stegman, skoonseun van Jan Celliers, op Dinsdagoggend 5 September aan die FAK-sekretaris, mnr. I.M. Lombard, en sy hulpsekretaris, dr. P.J. Meyer, voorgestel dat ’n groot saamtrek van Afrikaners by Monumentkoppie op Saterdagmiddag 9 September 1939 gereël. Daar sou dr. D.F. Malan, leier van die Herenigde Party, en genl. J.B.M. Hertzog, geliefde leier van die Nasionale Party, voor samesmelting, mekaar die hand reik om die ‘hereniging van almal wat bymekaarhoort’ in te lui.

“Reëlingskomitees is per telefoon en per boodskappers in alle dele van die land gestig, en by die tienduisende het dankbare, singende Afrikaners in die pad geval – Monumentkoppie toe.

“Totius het huiwerig ingewillig om ’n ‘volksverklaring’ op te stel en voor te lees, waardeur almal teenwoordig ‘met die opsteek van hul hande’ uitdrukking sal gee aan hul wil en begeerte om as Afrikaners vorentoe saam te werk en saam te stry op die pad van Afrikanerselfstandigwording.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s