9 September 1968 | GK Middelburg, Tvl., kry nuwe kerk

Gereformeerde_kerk_Middelburg,_Mpumalanga_(swart-wit)

Middelburg, Tvl., se nuwe kerk op die dag waarop dit in gebruik geneem is.

Plan goedgekeur om ou kerk te vervang

Die Gereformeerde kerk Middelburg, Transvaal, het in 1944 vir die eerste keer gepraat oor die wenslikheid daarvan om die ou kerkgebou te herbou of ’n nuwe op te rig. In 1948 is die gebou herbou en nuwe stoele aangekoop.

Ou Gereformeerde kerk Middelburg, Tvl

Die ou kerkie van die Gereformeerde gemeente op Middelburg, Mpumalanga.

Op hierdie dag, in die dae toe talle mooi ou kerke afgebreek is, is planne goedgekeur om ’n nuwe kerkgebou op te rig op die plek waar die oue gestaan het, met Neels Venter as argitek.

Op 14 Junie 1969 is die gebou in gebruik geneem. Ds. L.J. Buys het die gedenkplaat onthul met die woorde “Soli Deo Gloria” op die hoeksteen.

Die oorspronklike kerkgebou se hoeksteen is in die voorportaal van die nuwe kerkgebou ingebou. Teen 1972 was die gemeente sonder enige kerkbouskuld.
Intussen is in 1961 katkisasielokale reg langs die kerkgebou opgerig.

In 1980 is die orrel van die kerkgebou van die Christelijke Gereformeerde Kerk Apeldoorn in Nederland ingevoer om die bestaande orrel te vervang. ln 2005 is die kerkgebou se dak vervang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s