10 September 1878| Ds. J.H. Kruger gebore

Ds_JH_Kruger,_sy_eggenote_en_vyf_dogters_voor_hul_huis_op_Postmasburg

Ds. J.H. Kruger, sy vrou, Christina (née Bingle), en hul vyf dogters voor hul woning op Postmasburg. Ds. Kruger het daarin geglo om sy eie huis te koop en nie in ‘n pastorie te woon nie.

Sterf ’n week voor sy 85ste verjaardag

Ds. Jan Hendrik Kruger (oorlede op 3 September 1965) was ’n Gereformeerde predikant en as J.H. Kruger skrywer van drie Afrikaanse romans. Sy waardevolste bydrae wat skryfwerk betref, lê egter op die gebied van die kategetiese onderwys.

Servetring_deur_ds_JH_Kruger_gemaak_toe_hy_'n_Boerekrygsgevangene_was_in_die_Diyatalawa-kamp,_Ceylon

’n Servetring wat hy met sy knipmes gemaak het terwyl hy ’n krygsgevangene was in die kamp te Diyitalawa, Ceylon, 1901.

Ná ’n kort bediening van 1907 tot 1911 in GK Molteno het hy sy lewenstaak van 1911 tot 1952 in Postmasburg verrig. Vir die Gereformeerde Kerk in Kaapland noord van die Oranjerivier het met sy koms na die gebied ’n nuwe tydperk aangebreek, want terwyl die Kerk in 1911 tot net Postmasburg beperk was, het ds. Kruger probeer om dit oor die hele gebied uit te brei.

Danksy sy pogings het vyf nuwe gemeentes tussen 1914 en 1949 tot stand gekom, meer as die helfte van dié in die huidige Klassis Griekwaland-Wes, waarvan Daniëlskuil die laaste was en Delportshoop (ontbind in 2015) die eerste. Die ander drie is Kuruman, Olifantshoek en Kimberley.

Ds_JH_Kruger_in_sy_uniform_tydens_die_Tweede_Wêreldoorlog_toe_hy_veldprediker_was

Ds. J.H. Kruger in sy uniform gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy veldprediker was.

Hy het ook gereeld die lidmate in die afgeleë Kalahari besoek, en in 1921 en 1925 die trekboere by Ghanzi in Betsjoeanaland en in 1937 dié in Suidwes-Afrika gaan bearbei. Dié baanbrekerswerk moes hy meestal met ’n kar en perde oor groot afstande en ’n moeilike terrein verrig. Dit getuig van sy ywer om die evangelie uit te dra.

In die Tweede Wêreldoorlog het hy as veldprediker onder die Suid-Afrikaanse magte diens gedoen, moontlik saam met ds. Derk Rumpff die enigste leraar van die Gereformeerde Kerk wat in dié hoedanigheid opgetree het, en iets waarvoor sommige mense hom lewenslank verkwalik het. Sy redenasie was hy kon nie toesien hoe jong manne sneuwel sonder dat iemand die Woord aan hulle verkondig nie.

Handgeskrewe_preke_van_ds_JH_Kruger

Handgeskrewe preke van ds. J.H. Kruger.

As taalvoorstander het ds. Kruger reeds in 1913 in die Kerk se Almanak ’n verhaaltjie, Die doornbos koning, in Afrikaans laat verskyn. Hy was ’n vrugbare skrywer, veral op godsdienstige gebied. In Gereformeerde kringe was hy bekend vir sy preke in die meeste preekbundels van Gereformeerde predikante (soos in Uit die Ligbron).

Sy artikels wat reeds vroeg in Afrikaans in Het Kerkblad en die Almanak verskyn het – sommige onder die skuilnaam “Oupa” of sy voorletters “J.K.” of “J.H.K.” – het oor baie jare aandag geniet. Tussen 1926 en 1947 het hy die rubriek “Bybelse ruit” in die Almanak behartig.

P.H.R. Snyman skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek ds. Kruger se waardevolste bydrae lê op die gebied van die kategetiese onderwys. Hy het in 1921 ’n uitnemende boekie vir kleiner kinders oor die Heidelbergse Kategismus, getiteld Kategisasie boekie vir die klein kinders van die gelowige, geskryf.

Dit het as die “Rooi boekie” bekend geword en is voor 1943, toe dit grondig herskryf is, drie keer herdruk. In 1972 het dit die dertiende druk beleef; in 1980 het die eerste druk van die derde hersiene uitgawe verskyn, wat steeds in gebruik is.

Tussen 1962 en 1968 is dit in Tswana, Zoeloe, Tsonga en Pedi vertaal om vir sendingwerk gebruik te word. Ds. Kruger het ook Die gids (s.j.), ’n boekie oor die Bybelse geskiedenis, geskryf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s