10 September 1900 | Pres. Kruger mag landuit gaan

Lourenco-Marques-pc-c1905

Sentraallaan, Lourenço Marques, omstreeks 1905, sowat vyf jaar nadat pres. Kruger ’n tyd lank in die stad moes vertoef.

Staatsman kry verlof om na Europa te gaan

Op hierdie dag het die uitvoerende raad van die ZAR aan die bejaarde pres. Paul Kruger verlof toegestaan om vir ’n tydperk van ses maande na Europa te gaan. Dit sou die president beveilig, en hy sou die saak van die Boererepublieke in Europa kon bepleit.

Daarheen het lt.kol. Manie Bredell hom as lyfwag vergesel om, volgens sy dagboekinskrywings,”van tijd tot tijd de noodige veiligheids maatregelen te treffen”. Dit was nadat Bredell die president reeds in Mei vergesel het toe hy uit die hoofstad moes vlug voor die naderende Britse troepe.

Hermanus_Christiaan_Bredell

Lt.kol. Manie Bredell.

Die geselskap het vanaf hul oorstaanplek in Oos-Transvaal oor Komatipoort na Lourenco Marques gereis, waar die ZAR se konsul-generaal, Gerhard Pott, hulle ontmoet en by wie hulle oornag het.

Die Britse konsul-generaal, Crowe, het druk uitgeoefen op die Portugese goewerneur, Antonio José de Souza Machado, om die aankoms van die Kruger-geselskap na Crowe se goeddunke te bestuur. Portugal het swaar op Brittanje staatgemaak vir geldelike steun en sedert die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog ’n jaar vantevore, was Lourenço Marques ’n broeiplek van intrige en spioenasie.

Die president was van voorneme om net in die Portugese kolonie te vertoef tot hulle die eerste uitgaande stoomskip, die Herzog van die Duits-Oos-Afrika-Linie, kon haal. Maar die volgende môre het die goewerneur laat weet Kruger sou ’n gas van die Portugese owerheid wees en moes onverwyld in sy ampswoning kom tuisgaan.

Gezina_Kruger_luister_na_die_oorlogsnuus_voorgelees_deur_haar_kleindogter_Nettie_Eloff_(later_Bredell)

Mev. Gesina Kruger se kleindogter Nettie Eloff lees vir haar oorlogsberigte voor op die stoep van die presidentswoning oorkant die Gereformeerde kerk in die destydse Kerkstraat (nou W.F. Nkomostraat).

Hierdie “inwoning”, waartydens die president feitlik in huisarres geplaas is, het van 12 September tot 19 Oktober geduur. Kruger het besef die eintlike goewerneur van Delagoabaai was die Britse konsul-generaal en het die opdrag gehoorsaam. Vir Machado was dit ’n verleentheid om so ’n Britse opdrag uit te voer, maar dit was al uitweg.

So het pres. Kruger sy 75ste verjaardag op 10 Oktober as so te sê ’n gevangene in die vreemde deurgebring. Kort voor lank is sy geselskap nie meer toegelaat om hom in die goewerneurswoning te spreek nie omdat Crowe nie daarvoor te vinde was nie.

Die wêreld het kennis geneem van die situasie in Delagoabaai en veral vir die jong koningin van Nederland, Wilhelmina, was die gedagte ondraaglik. Uiters omsigtig het sy diplomatieke stappe begin doen om die ou president te red, maar meer daaroor ’n volgende keer …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s