10 September 1915 | Prof. Jan Kamp word koerantredakteur

Ons_Vaderland_eerste_buiteblad

Die eerste uitgawe van Ons Vaderland, 10 September 1915.

Koerantjie voer ’n sukkelbestaan in hoofstad

Prof. Jan Kamp (1862–1924) was ’n skrywer, literêre kritikus en hoogleraar aan die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys.

As innige gelowige en stoere Calvinis het hy vaste koers en rigting aangedui, en op sy studente het hy ’n blywende invloed gehad; hy kon meedeel en inspireer, en het hoofde en harte gevorm.

Prof_Jan_Kamp

Prof. Jan Kamp.

As onderwysman was hy ’n vurige vegter vir CNO en onder die Afrikaners wat in die openbare pers die pen hanteer het, het hy ’n vername plek ingeneem.

Van hierdie dag af was hy ses maande lank redakteur van Ons Vaderland. Die koerant het ‘n tydjie lank voortgesukkel in ‘n ongerieflike huis by Bloedstraat 190, Pretoria.

In die agterplaas is ’n aantal sinkvertrekke opgeslaan wat die settery, drukkery en bindery moes huisves. Ondanks die droogte van 1914 en die nadraai van die Rebellie, ’n skaarste aan geld vir papier en die Eerste Wêreldoorlog, bly Kamp optimisties en stry hy moedig saam vir die voortbestaan van die Nasionale Party, die Afrikanerdom en hul vryheid.

Dié koerant was die voorloper van die middagblad Die Vaderland, wat van 1936 tot 1983 bestaan het.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s