10 September 1966 | GK Cullinan gestig

Gereformeerde_kerk_Cullinan_Peet_Schabort

Die Gereformeerde kerk op Cullinan. (Foto: Peet Schabort)

Saal later in kerk omskep

Die Gereformeerde kerk op Cullinan het op hierdie dag van Bronkhorstspruit afgestig. Aan die begin het die gemeente uit agt wyke bestaan en is eredienste in die Presbiteriaanse kerk, toe die skoolsaal en later die Voortrekkersaal gehou. Eindelik het die gemeente 6 morg kerkgrond van die Zonderwater-gevangenis aangekoop.

Eers is net ’n kerksaal gebou wat op 26 Julie 1970 in gebruik geneem is nadat dr. B.R. Kruger die hoeksteen op 2 Mei 1970 gelê het.

Die eerste orrel is geskenk deur Bronkhorstspruit en is later vang deur ’n unieke pyporreltjie, wat nie eens voetnote het nie en moontlik die kleinste in die kerkverband is. Later is die saal in ’n kerk omskep met die aanbou van die vleuels en moederskamer.

Die gemeente se eerste pastorie was ’n huis wat iemand gratis aan die gemeente beskikbaar gestel het. Eindelik het die gemeente ’n ruim en doeltreffende pastorie laat bou teen ’n koste van sowat R30 000. Die katkisasielokale, wat bestaan ’n klaskamers en ’n saal, het die lidmate self gebou op ’n deel van die terrein.

(BRON: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. FOTO: Peet Schabort)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s