10 September 1977 | GK Windhoek se kerk in gebruik

Gereformeerde_kerk_Windhoek,_Johan_Bingle

Die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Windhoek. (Foto: Alta du Plessis)

Oudste Angola-Afrikaner sluit deur oop

Die Gereformeerde Kerk Windhoek was met sy stigting in 1937 die sesde gemeente in die destydse Suidwes-Afrika.

Aanvanklik het die lidmate van Windhoek op verskeie plekke eredienste gehou, onder meer in huise en sale.

In 1952 het die gemeente eindelik sy eie kerkgebou opgerig. Omdat dié hoekige gebou met sy plat dak se buitemure plek-plek enkelstene vertoon wat uitstaan en dit nie geverf was soos die mure nie, het die gebou die bynaam Rosyntjiebroodkerk gekry.

Op hierdie dag het GK Windhoek sy nuwe, ruim kerkgebou in gebruik geneem. Dié gebou van bruin bakstene kyk oor die hoofstad uit en is geleë op die hoek van Luther- en Liliencronstraat, Eros.

Die argitek was Tinus du Plessis en Michiel Prinsloo, destyds die oudste Angola-Afrikaner, het die deur oopgesluit. ’n “Skatkis” van marmer is in die voorportaal geplaas vir kerkbydraes.

Eers is vir ’n spesiaal ontwerpte orrel voorsiening gemaak, maar omdat die boukoste te hoog was, moes die gemeente ’n kleiner orrel aankoop. Die laaste fase van die kerkgebou is op 2 November 2002 afgehandel toe die korbeelklip in plek gelê is.

(Bron: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s