11 September 1905 | Vrije Christelike Skool open

Eerste_Gereformeerde_kerk_Bloemfontein

Die skool is gestig onder afdak van die Gereformeerde kerk, wat in die vroeë twintigerjare afgebrand het.

Bloemfonteinse skool deel van versetbeweging

Pogings van owerheidsweë om die Afrikanerkind ná die Driejarige Oorlog te verengels het tot die besluit gelei om eie Christelik-nasionale skole teenoor die suiwer Britse staatskole in die lewe te roep. Een van die skole wat uit hierdie versetbeweging ontstaan het, is die Hoërskool Sentraal in die Rosestad.

Op hierdie dag is die Vrije Christelike School gestig onder die afdak van die Gereformeerde Kerk in Zastronstraat, Bloemfontein. Dit was ’n nederige begin toe 50 leerders deur D.F. du Toit (Oom Lokomotief) in hul moedertaal onderrig is.

Sentraal

Die wapen van die Hoërskool Sentraal, Bloemfontein.

Om vir die leerders ’n goeie verdienste te verseker, is veral klem gelê op vakke soos hout-, naald-, mandjies-, karton- en kleiwerk. Ook die handelsonderwys is bevorder. Die skool het geleidelik in die rigting van ’n voorbereidende tegniese skool ontwikkel.

Weldra het die leerdertal so gegroei dat die kerkgebou en konsistorie van die Gereformeerde Kerk te klein was om almal te huisves. Tog het ’n gebrek aan geld uitbreiding gestrem, en juis dié probleem het talle ander skole laat sneuwel.

Die stigters van die Bloemfonteinse skool het egter vasgebyt en in 1908, nadat die Onderwyswet verseker het dat die Hollandse taal naas Engels gelyke regte sou geniet, is ingewillig dat die Vrije Christelike School in ’n staatskool omskep kon word.

Vanaf 1 Julie 1908 sou die naam verander word na die Voorbereidende Praktiese Skool. ’n Sinkgebou is ook opgerig waarin die st. 4- en 5-leerders gehuisves is. In 1912 het die leerdertal reeds tot 163 gegroei.

Ten spyte van verandering en groei het die skoolbestuur onder voorsitterskap van ds. Willem Postma, Bloemfontein se Gereformeerde predikant, toegesien dat die Christelike en Afrikaanse karakter behoue bly. Op 22 November 1929 is finaal besluit om die naam te verander na Sentrale Hoërskool.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s