25, 26 September 1965 | Bloem-Noord se kerk in gebruik

Orrelgalery Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord

Die orrelgalery in die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord se kerkgebou.

Ds. L. Snyman onthul die hoeksteen

Die gemeente Bloemfontein-Noord het op 15 Oktober 1961 afgestig van die destydse Bloemfontein-Wes, waarvan die naam in 2003 Vleuels geword het. Eers het lidmate in die Laerskool Willem Postma vir eredienste byeengekom, maar die behoefte aan ’n eie kerkgebou het daartoe gelei dat die groot organisasie en beplanning van dié gebou binne 18 maande deeglik voltooi is.

Die argiteksfirma Le Roux en Vennote het die plan geteken en Crawford en Custor se tender van R53 777 vir die bouwerk is op 24 Julie 1964 goedgekeur. Dawie Mynhardt, wat minstens nog in 2010 lidmaat van die gemeente was, was een van die bouers.

Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord

GK Bloemfontein-Noord se kerkgebou.

Die nuwe kerkgebou is in die naweek van 25 en 26 September 1965 feestelik in gebruik geneem. Ds. Lodewyk Snyman, die destydse leraar, het die hoeksteen onthul en mev. Snyman het die kerkdeure daarna oopgesluit.

In die nuwe gebou het dr. (later prof.) G.P.L. van der Linde die verrigtinge begin met Skriflesing, gebed en samesang, waarna prof. Fanus du Toit die feesrede gelewer het.

Die middag se verrigting het van kwart oor twee tot halfvyf geduur; die aand is dit voorgesit met die ingebruikneming van die orrel, wat die gemeente se susters geskenk het.

GK Bloemfontein-Noord se hoeksteen

Die hoeksteen van GK Bloemfontein-Noord se kerkgebou.

Prof. Du Toit het ook die Sondag se feesdiens gelei, waarna die eerste katkisasie in die nuwe gebou gehou is. Daardie aand het ds. Snyman die eerste keer die woord in die nuwe kerk bedien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s