5 Oktober 1945 | Riaan Cruywagen gebore

43207424_10156909717011155_8991836070823854080_n.jpg

Riaan Cruywagen in ’n nuusateljee, soos geslagte Afrikaanssprekendes hom leer ken het.

TV-legende ’n makgemaate Dopper

Riaan Cruywagen, wat in sy leeftyd meer as 7 000 TV-nuusbulletins gelees het en wie se loopbaan reeds voor die eerste amptelike Suid-Afrikaanse TV-uitsendings in 1976 begin het, is ’n makgemaakte Dopper en lidmaat van GK Randburg, waar hy en sy vrou, Riana, van huis uit ’n Dopper, getroud is.

Cruywagen wou eers vlieënier van passasiersvliegtuie word. Hy begin egter sy loopbaan in 1965 as joernalis, waarna hy deeltyds by die SAUK in Kaapstad werk terwyl hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

In 1975 was hy ’n TV-nuusregisseur en moes op 26 November 1975 om 20:00 onbepland en onverwags as nuusleser instaan. Die eerste berig wat hy dié aand gelees het, was oor die vonnisoplegging van Breyten Breytenbach. Die eerste Afrikaanse nuusleser was egter Roelf Jacobs, ses maande vantevore.

In Junie 2003, ná openbare ontstokenheid oor berigte dat Cruywagen se kontrak by die SAUK nie hernieu sou word nie, is ’n skikking tussen die SAUK en UASA (United Association of South Africa) bereik. Sy kontrak is hernieu, en daar is aangekondig dat hy ’n tyd lank met sy pligte sou voortgaan.

Cruywagen se naam het tydens sy langdurige loopbaan sinoniem geraak met Afrikaanse televisienuus. Hy het op Maandag 26 November 2012, presies 37 jaar nadat hy by die SAUK begin werk het, afgetree, maar was daarna nuusleser en medeaanbieder van kykNET se ontbytprogram.

Cruywagen is ’n oudleerder van die Hoërskool Linden en ’n orrelis van formaat, maar weens artritis in sy hande speel hy nie meer nie.

Facebook-kommentaar

José Eloff Jacobs BAIE geluk Riaan. Jy is n voorbeeld vir menige Suid Afrikaners.Nog vele GESEENDE jare jou toegebid. Het net mooi van jou gehoor by my oorlede broer Roelf..
Jan A J Kruger Riaan is die mees bedeesde, vriendelike, innemende, welsprekende mens wat ek ken, nooit ‘n skewe woord oor sy medemens nie, en dan nog vol humor ook. Dis ‘n groot voorreg om hom persoonlik te ken.
Riki Kuperus Bydawell Toe Riaan uitgetree het, het suiwer Afrikaans ook ongelukkig ‘n groot nekslag ontvang. Ek het hom altyd bewonder oor sy perfekte uitspraak, en die feit dat hy die taal so suiwer gehou het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s