9 Oktober 1833 | De Ridder-stamvader gebore

Johan en Suzette de Ridder

Suzette en Johan de Ridder, ’n kleinseun van ds. Johannes de Ridder en moontlik die bekendste nasaat van die stamvader.

Ds. Johannes de Ridder ’n gebore Rotterdammer

Ds. Johannes de Ridder was ’n Suid-Afrikaanse onderwyser van Nederlandse herkoms, predikant in die Gereformeerde Kerk en die stamvader van die klein familie De Ridder, van wie die argitek Johan de Ridder, ’n kleinseun van ds. Johannes de Ridder, moontlik die bekendste lid was.

De Ridder se werk as onderwyser aan die Teologiese Skool Burgersdorp het die begeerte by hom laat ontstaan om predikant te word. Hy was 43 jaar oud toe hy by die Algemene Vergadering aansoek doen om kragtens Art. 8 van die Kerkorde predikant te word. Omdat dit afgewys is, was al raad om verder te studeer.

de Ridder Ds J Dienstydperk 1880-1896 411

Ds. Johannes de Ridder.

Drie maande nadat sy dienstyd as assistent geëindig het, skryf hy hom as teologiese student aan die skool in. Hy het sertifikate voorgelê – een as hoofonderwyser, nog een as godsdiensonderwyser in die NG Kerk. Vir die kuratore van die Skool was dit genoegsaam om De Ridder van die admissie-eksamen vry te stel, buiten Engels, wat ontbreek het.

Hy het kort daarna ’n Engelsvraestel geskryf, waarna hy toegelaat is. ’n Jaar later het hy gevra dat die voorgeskrewe stukke in die “doode talen” aan hom gegee word omdat hy reeds in 1879 die proponentseksamen wou aflê. Toe die tyd aanbreek, het hy egter self besef hy sou nog ’n jaar nodig hê.

Hierdie episode was ’n wending in die GKSA se teologiese onderrig, volgens Petrus Kruger: “Vroeër het die dosent sy student vir eksaminering gebring wanneer hy gemeen het dat daar genoeg vordering was. Hierdie student het vanweë ywerige roepingsbesef gemeen hy (kon) self sy vorderingstempo bepaal.

Gereformeerde_predikante_omstreeks_1890

’n Groep Gereformeerde predikante uit die laat 19de eeu, onder wie ds. Johannes de Ridder (1833–1896). Voor van links: J.L. Maury, De Ridder, M.P.A. Coetsee (sr.), prof. J. Lion Cachet, A.A.J. de Klerk Coetsee, M.P.A. Coetsee (jr.). Agter: L.P. Vorster, W.J. Snyman, P.S. Snyman, M. Pelser, P. Postma, M. Postma, D. Postma, L.J. du Plessis.

“Die gevolg van hierdie tikkie voortvarendheid was dat hy ekstra boeke in Latyn moes bywerk. Teen 1880 het hierdie kort, skraal man, met ’n kaal voorhoof, die teologiese (studie) onder die knie gekry. Hy is beskou as talentvol, ’niet ontbloot van gaven’, met ’n ferm stem.”

Ds. De Ridder was ’n “ywerige, getroue en geliefde herder”. Sy preke was ernstig, weldeurdag en opbouend: hy was leersaam in katkisasie, van “zachtmoedige wandel”. Nadat krankheid hom oorval het, kon hy in die laaste jaar van sy lewe net met pyn sy diens verrig.

Begin Oktober 1896 het die kerkraad van Rustenburg hom twee maande verlof gegee, waarna hy na Standerton vertrek het. Volgens sommige bronne het hy sy demissie op Rustenburg aanvaar om ’n beroep na GK Standerton aan te neem, waar hy in die amp oorlede is.

Daar by sy skoonseun, Jan Eloff, wat getroud was met ds. De Ridder se dogter Catharina Cornelia (1870–1927), is hy op 31 Oktober 1896 oorlede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s