9 Oktober 1937 | Springs-kerk in gebruik

Gereformeerde kerk Springs

Die destydse kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Springs.

Kerkraad laat voorstad herdoop

GK Springs het op 10 Mei 1935 van Brakpan afgestig as die vierde Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand. Vroeër in 1935 het ook GK Benoni hier tot stand gekom, en net die volgende jaar GK Boksburg.

Springs se lidmate het aanvanklik eredienste in die NG kerksaal, die Vrymesselaarslosie, die ou Baptistekerk, die Dagbreek-skoolsaal en die stadsaal se eetsaal gehou.

Op 26 Februarie 1936 besluit die kerkraad om ’n eie gebou op te rig op ’n erf in Geduld, wat die stadsraad aan die gemeente geskenk het. Deur die kerkraad se bemiddeling is die voorstad herdoop tot Paul Krugeroord.

Springs orrel 1992 tot 2019 Jan Elsenaar

Die orrelbouer Jan Elsenaar (wat dié foto geneem het) het die orrel in die Springs-kerk in 2019 uitgehaal om dit in die Lutherse Kerk Panbult in Mpumalanga in te bou. GK Springs het dié orrel sedert 1992 gebruik.

Die kerkraad het ’n tender vir die oprigting van die aanvaar, sonder ’n galery. Die boukommissie het aanbeveel dat ’n galery later ingebou kon word.

In Mei 1937 het dr. J.A. Schutte die hoeksteen gelê. Daaragter is ’n houer geplaas met daarbinne ’n Afrikaanse Bybel, die agenda van die jongste Sinode van die GKSA, ’n Almanak, Die Kerkblad en ’n naamlys van die kerkraad en boukommissie.

Die ingebruikneming het op hierdie dag plaasgevind. Die gebou se nok is met ’n dik laag lood bedek en die preekstoel is van siersteen gebou met ’n fluweelkleed.

Springs-Oos

Die Gereformeerde Kerk Springs-Oos se kerkgebou in Strubenvale. Dis in gebruik geneem op 19 April 1970.

Vandat Springs en Springs-Oos in 2013 een geword het, gebruik die saamgestelde gemeente die kerk van Springs-Oos in die voorstad Strubenvale.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s