31 Oktober 1954 | GK Delarey weer gestig

Gereformeerde_kerk_Bergbron,_Riana_le_Roux,_2017

Die Gereformeerde Kerk Bergbron. (Foto: Riana le Roux)

Gemeente heet sedert 1998 GK Bergbron

Nadat die reusegebied tussen GK Johannesburg en GK Krugersdorp sedert 1896 deur dié gemeentes se predikante en later deur Krugersdorp en Johannesburg-Wes s’n bedien is, is eers in op 15 November 1942 twee kerke, Roodepoort en Delarey, afgestig. Elke kerk het die vaste eiendom binne sy grense ontvang. Die skeidslyn tussen die twee gemeentes het gebly soos dit was tussen Krugersdorp en Johannesburg-Wes.

Op 18 November 1942, net drie dae ná die stigtingsvergadering, het ’n gekombineerde kerkraadsvergadering besluit dat die twee kerke gesamentlik sou beroep.

GK Delarey Boukommissie afgeneem voor onvoltooide kerkgebou. J Moors tree op as argitek A207

Die boukommissie van die Gereformeerde Kerk Bergbron voor die onvoltooide kerk.

Dié mooi samewerking het Delarey se kerkraad op 18 Augustus 1943 in beginsel laat besluit dat die gemeentes Roodepoort en Delarey sou saamsmelt, waartoe ’n gekombineerde kerkraadsvergadering op 20 Oktober 1943 ooreengekom het.

Op ’n gekombineerde kerkraadsvergadering op 2 Desember 1943 in Newlands was die deputate van die Klassis Pretoria teenwoordig vir die ophef van die kombinasie en die vereniging van die twee gemeentes vanaf daardie datum onder die naam Florida.

GK Delarey KR voor onvoltooide kerkgebou A208

Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Delarey voor die onvoltooide kerkgebou.

Die lidmaattal het ná 1950 tot meer as 1 000 gestyg, en op 8 September 1954 besluit ’n spesiale kerkraadsvergadering dat die oostelike wyke in Delarey, Newlands en Greymont met 300 lidmate sou afstig.

So het die eertydse GK Delarey weer op 31 Oktober 1954 tot stand gekom. Dié gemeente staan van 1998 af as Bergbron bekendstaan nadat dit met GK Johannesburg-Wes saamgesmelt het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s