4 November 1957 | GK Middelburg (Kaap) se kerksaal gesloop

GK Middelburg, Kaap, se sakegebou waar die kerksaal gestaan het

Die sakegebou wat in die plek van die saal gebou is. Let op hoe bo die bank se ingang staan: Gereformeerde kerk-gebou. Foto: Google Maps

Maak plek vir die kerk se sakegebou

In 1936 het ’n erflating van sr. Hetta Kruger dit vir die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Middelburg, Kaap, moontlik gemaak om te besluit om aan die boukommissie op te dra om tenders vir die bou van ’n saal te vra.

Op 15 Augustus 1936 is ’n tender aanvaar en ’n saal opgerig aan die suidekant van die kerkgebou. In November 1936 is aan die kerkraad meegedeel dat sommige lidmate beswaar het daarteen dat die saal die naam “Hetta Krugersaal” dra.

Die kerkraad besluit egter om die naam so te behou. Sonder motivering van ’n nuwe besluit (in elk geval word die redes nie in die notule gevind nie) is tog op 12 Februarie 1937 besluit om die naam voor die saal te verwyder. Betekenisvol staan by hierdie jongste besluit genotuleer: “Tien stemme word hierteen uitgebring.”

Op dieselfde perseel waar in 1936 die saal gebou is, is in die laat 1950’s ’n moderne kantoorgebou opgerig. Vir hierdie doel is die saal op hierdie dag, ’n Maandag, aan die slopers oorhandig.

Omdat die gebruik van ’n saal deur die gemeente gewaardeer is, is toe in die gebou aan die noordekant van die kerkgebou ’n saal met kombuis ingerig. In dieselfde gebou is ook ’n doelmatige kerkraadskamer en katkisasielokale geskep.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s