5 November 1976 | Johannesburg-Oos se kerkie bewaar

Eerste_en_tweede_Gereformeerde_kerk_Johannesburg-Oos,_29_Desember_2017,_Morné_van_Rooyen

Die ou (links) en nuwe (regs) Gereformeerde kerke Johannesburg-Oos, albei nou die tuiste van die Franstalige

Word tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar

Heel gou ná die stigting van die NG gemeente Jeppestown in Julie 1897 het die gemeente aan die werk gespring met die bou van sy eerste kerkgebou, waarvan staatsekretaris F.W. Reitz (voormalige president van die OVS), die hoeksteen op 8 Oktober 1898 gelê het.

Genl. Koos de la Rey het die hoeksteen van die karaktervolle nuwe NG kerkgebou op die hoek van Corrie en Op-de-Bergenstraat, Fairview, op 5 Mei 1906 gelê. Dis skuins oorkant die ou kerkie geleë. Dié kerkgebou is op 9 Maart 1973 tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

Kongres_van_die_Jongeliedeverenigings_van_die_Gereformeerde_Kerk,_1938,_afgeneem_voor_die_Gereformeerde_kerk_Johannesburg-Oos

Die kongres van die Jongeliedeverenigings van die Gereformeerde Kerk 1938, afgeneem voor die Gereformeerde Kerk Johannesburg-Oos.

Intussen het die Gereformeerde Kerk Johannesburg in 1923 die ou kerkie by die NG gemeente gekoop om hul skuldlas te help verlig en as plek van samekoms in die ooste van Johannesburg.

In dié kerk het die Doppers tot met die ingebruikneming van die nuwe kerk, agter die oue, in 1951 aanbid. Die ou kerkie is op hierdie dag tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s