7 November 1933 | Hertzog waarsku teen Broederbond

eerste-uitvoerende-komitee-van-die-broederbond.jpg

Die leiers van die Afrikaner Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniel H.C. du Plessis (’n Colesbergse Dopper, wat later NG geword het), J. Combrink, H. le R. Jooste. Voor: L.J. Erasmus, Henning J. Klopper (later speaker van die Volksraad), ds. William Nicol (later administrateur van Transvaal), J. E. Reeler.

Val geheime organisasie in toespraak aan

Suid-Afrika se eerste minister, genl. J.B.M. Hertzog, het in ’n toespraak op hierdie dag op Smithfield ’n aanval op die Afrikaner-Broederbond geloods.

Luidens ’n berig in The Star daardie middag het Hertzog gesê die Broederbond streef daarna om sy lede in die staatsdiens en die politieke lewe te bevorder en Afrikaners aan te spoor om net by winkels in Afrikanerbesit te koop.

Genl_JBM_Hertzog_Van_Dyk

Genl. J.B.M Hertzog was Suid-Afrika se eerste minister van 1924 tot aan die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog in 1939.

Hy het die beweging as ’n gevaarlik poging beskryf om verdeeldheid in die land te saai, waarna hy die belangrikheid van eenheid en vriendskaplike betrekkinge tussen die twee dele van die blanke bevolking (Afrikaans en Engels) beklemtoon het.

Die eerste minister het aangehaal uit ’n omsendbrief wat die voorsitter, prof. J.C. van Rooy (’n kleinseun van die Van Rooy-stamouers), onderteken het en wat aan alle lede gestuur is.

Daarin is lede aangespoor om in die partypolitieke sfeer dit te kies wat die mees behulpsame is vir die Bond se doelwit en strewe, naamlik die einddoel van die Afrikanerdom van baasskap in Suid-Afrika.

“Broeders, ons oplossing vir Suid-Afrika se probleme is nie dat die een of ander party die oorhand in die land sal kry nie, maar dat die Afrikaner-Broederbond die land sal regeer,” het die omsendbrief gelui.

Dit het hulle gedoen deur Nasionaliste te werf en te beïnvloed om hul doelstelling van Afrikaner-oorheersing uit te voer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s