2 Februarie 1982 | Prof. Fanus du Toit oorlede

Senator Minister Jan de Klerk met prof S du Toit & Marie (egg Totius) A6

Sen. Jan de Klerk, prof. Fanus du Toit en dié se moeder, Marie.

Seun van die Psalmberymer en teoloog Totius

Prof. dr. Stephanus du Toit (noemnaam Fanus) is op 20 Julie 1905 op Potchefstroom gebore, waar sy vader, prof. dr. J.D. du Toit (Totius), professor aan die Teologiese Skool was.

Hy was van 1930 tot 1935 predikant in die Gereformeerde Kerk en daarna tot sy aftrede in 1970 ook professor aan die Teologiese Skool.

Fanus du Toit

Prof. Fanus du Toit. (Foto: Piet Maneveld)

Prof. Du Toit het as mens en wetenskaplike hoë agting binne en buite die Gereformeerde Kerk geniet. Met die eeufees te Rustenburg in 1959 is hy aangewys om die feesrede te lewer.

Hy het in verskeie belangrike sinodale deputate-groepe gedien. Prof. Du Toit was ‘n vurige vaderlander en het steeds steun verleen aan die nasionale beweging. Hy het intieme kontakte gehad met wyle adv. J.G. Strijdom en dr. H.F. Verwoerd.

By talle volksfeeste het hy as feesredenaar opgetree. By geleentheid van die feesviering by Monumentkoppie, ná verkryging van die Republiek in 1961, het hy ‘n Afrikaanse Bybel aan dr. Verwoerd oorhandig.

Hy was jare lank voorsitter van die direksie van Pro Rege-Pers, wat duisende Christelike boeke versprei het. In 1965-’67 was hy lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

One thought on “2 Februarie 1982 | Prof. Fanus du Toit oorlede

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s